noot vir noot
woord vir woord
dis `n reis deur jou hart se kamers, jou siel se
witwater
dis swaar
en die tog is vol hindernisse
my hart is net mens
en my siel society
my paspoort het verval maar dalk lê daar `n
ander koers
die reistog is seer
en dit maak my vry
of dink ek so?
I hope you are not lonely without me...
I hope you disagree...
my vlug is hier
my blou wag,
die aankondiging van realiteit skeur my weg
wat lê in jou oë?
Europa, Afrika, Amerika...
OF
die hele Wêreld net vir my...?
~dirk van der bank
No comments:
Post a Comment