Wednesday 29 August 2012

Rooiwyn gedagtes

Ek drink vanaand rooiwyn verlange
Net om berusting te kry oor waar ek nou is
Ek kan gelukkig nie getuig oor my pad na vore nie
Al wat ek vanaand weet
En wil weet
Onthul my glas se rooi
My wyn se smake en nuanses
Ek wil net wees met bedoeling
Met my sjokolade poeding se soet en my skoot Italiaanse bitter
Wil ek vanaand net bittersoet my gedagtes se reis voortsit
Binnekort ń regte reis
Binnekant ń regte gevoel