Monday 3 September 2012

vanaand mis ek jou soos die wind noordwes waai
ek mis jou soos die maan agter die wolke kwyn
ek verlang jou soos die onbekende gesig die ontmoeting vermy
ek verlang jou soos iemand wat jy jare lank ken
ek mis jou soos die mense op die dansbaan links trap
ek wens ek kon jou ken
ek mis om jou te leer ken

ek wens jy was hier in my arms gevou
in my gedagtes gebou

ek wens, ek hoop


so dis al wat ek kan doen
 
 

onskuld



Ek mis daai onskuldige liefhê dae
 
Daai dae waar ek skuldloos na jou kon kyk en weet
Ons kon lag en saam uitgaan
Hande vashou en droom oor die toekoms
Planne maak vir weggaan
Die wêreld was ons oester
Ons troos
Maar tyd leer mens anders
Die onskuld raak verlore
Die hart raak slim, te slim
Ek is net so dankbaar vir daai ruimte in my
Ek weet ek is okay
Onskuldige liefde lê weer voor...met tyd sal als regkom