Sunday 17 June 2012

liefde bly


kan ek my kop op jou

skoot neer



sal jy my trane

wegvee

met jou duim



moenie weggaan nie

jou veiligheid is my troos



sal jy my rug vryf

vryf vir my die seer uit



moet my nie begaan nie

my hart is al te seer



liefde bly

bly die keer

seblief

Winterreën

Die sonopkoms vlek my gordyne die sagste oranje
Dis koud vanoggend.
Jy lê in die kamer langsaan
Die muur skei ons.
Die een wat ek voor jou opgebou het.
Het ek maar eerder geweet hoe om te breek, as te bou
Die son se geel laat dit warm lyk buite
Hoe lekker is dit nie om vir jou ontbyt weer te maak nie
Melkskuim met kaneel
Dis koud vanoggend
Die reën begin val en ek is dankbaar
Net oor jy hier is.