Ek wens ek
kon musiek maak,
Dan kon ek
vir jou die mooiste love song komponeer.
Ek wens ek
was ‘n skildenaar,
Ek sou die
mooiste landskap vir jou skilder en dit die mooiste raam gee.
Dalk ‘n
digter?
‘n Hele
bundel opgedra aan jou met verse wat rym soos die glimlag op jou gesig.
Miskien ‘n wêreld
reisiger,
Net sodat
ek die mooiste van elke plek vir jou kan
saambring.
Ek wens ek was
n wynmaker,
Net om die
beste druiwe vir jou te pars, ‘n wyn na jou te vernoem en dit saam met jou te
geniet.
Ek sou
graag wou leer van blomme,
Vir as jy
wakker word in die oggende, dat daar altyd die mooiste blom in jou hart kan groei.
Tog bly ek,
ek
Die musiek
en skilderye, die gedigte en wêreld reise
Die blomme
en die beste wyn
Dis die
aarde se dinge
My grootste
wens bly eenvoudig
Om
in jou arms wakker te word,
Jou styf
vas te hou
en
jou
eenvoudig net lief te hê
dirk van der bank