Wednesday 3 October 2012

My oupa se skaam glimlag
Sy nederige dankbaarheid
Daar was hy,
Vir elkeen wat gebede nodig gehad het
Wat raad nodig gehad het
Wat n tamatie plantjie wou spruit
...En daai tamaties was die beste ooit, rooi en vol vlees
So ook my oupa se passie oor baie dinge in die lewe
Hy was ons kwaai oupa
Ons skootsit oupa
Ons wyse oupa
Maar wat my altyd sal bybly is daai sondae oggende wat ek onder toesig die kerklok kon lui,
Die reuk van die sweismasjien en oupa wat altyd besig is met iets voor sy ouhuis,
Sy gatsby cap en die Solly Ozrovech boeke, ń nuwe een vir elke jaar
Die mure in die huis hang vol stories
Die vertrekke gevul met herhinneringe
Oupa ek gaan jou mis
Maar my dankbaarheid vir jou en die rolmodel wat jy was sal my altyd bybly
Rus in vrede oupa

No comments:

Post a Comment