Thursday, 7 March 2013



My gemoed is 90’s musiek vandag
Nostalgies opgewek, lekker
Tussen die bakker se choc chip koekies
Koue waatlemoen stukke en die see
Vrede
Ek is weer vir n slag honger vir kos, vir leer, vir wees
Interessant wat ‘n gebreekte hart kan bring
Nie net altyd seer nie maar ook bevryding op ‘n manier
‘n Gevoel van blydskap dat die pad moes eindig
Al wou ek dit nie so gehad het nie, ek wou glad nie
Maar die mens moet oorgee aan die lewe en sy pad met jou
Dis nie altyd sleg nie
Die geheim is om altyd soos die rykste man te voel met jou hart
Jy moet skatryk glimlag
Seëninge ,liefde en vrede kom altyd na elkeen van ons toe
Dis hoe jy dit  waardeer, deur al die klein dinge van die lewe
So maak dit saak

Dirk                                          

Saturday, 19 January 2013

Wens



Ek wens ek kon musiek maak,
Dan kon ek vir jou die mooiste love song komponeer.

Ek wens ek was ‘n skildenaar,
Ek sou die mooiste landskap vir jou skilder en dit die mooiste raam gee.

Dalk ‘n digter?
‘n Hele bundel opgedra aan jou met verse wat rym soos die glimlag op jou gesig.

Miskien ‘n wêreld reisiger,
Net sodat ek die mooiste van elke plek vir jou kan saambring.

Ek wens ek was n wynmaker,
Net om die beste druiwe vir jou te pars, ‘n wyn na jou te vernoem en dit saam met jou te geniet.

Ek sou graag wou leer van blomme,
Vir as jy wakker word in die oggende, dat daar altyd die mooiste blom in jou hart kan groei.

Tog bly ek, ek

Die musiek en skilderye, die gedigte en wêreld reise
Die blomme en die beste wyn

Dis die aarde se dinge

My grootste wens bly eenvoudig

Om in jou arms wakker te word,
Jou styf vas te hou
en
jou eenvoudig net lief te hê



dirk van der bank

Saturday, 10 November 2012

chuman.co.za

 
 
Ek lê wynbedwelm in die bekende kamer met die fan bo my kop en die sixties geraamde prente teen die muur...
Ek wonder oor jou en jou mooi lippe soos die foto's dit wys...
Ek dink maar of ons ooit ń sterrenag in die Karoo sal vasvang op een van jou canvas wat uitstalling toe oppad is...
Waar vat die trein jou, waar vat die aeroplane my?
Dalk beide Suid??
Onskuldig hoop ek om jou te siene te kry, maar die wêreld my mens...hoe gemaak.
Soos ń trein stasie toe, soos ń aeroplane land, so beskoei ek my hoop...
dirk van der bank
 

Wednesday, 3 October 2012

My oupa se skaam glimlag
Sy nederige dankbaarheid
Daar was hy,
Vir elkeen wat gebede nodig gehad het
Wat raad nodig gehad het
Wat n tamatie plantjie wou spruit
...En daai tamaties was die beste ooit, rooi en vol vlees
So ook my oupa se passie oor baie dinge in die lewe
Hy was ons kwaai oupa
Ons skootsit oupa
Ons wyse oupa
Maar wat my altyd sal bybly is daai sondae oggende wat ek onder toesig die kerklok kon lui,
Die reuk van die sweismasjien en oupa wat altyd besig is met iets voor sy ouhuis,
Sy gatsby cap en die Solly Ozrovech boeke, ń nuwe een vir elke jaar
Die mure in die huis hang vol stories
Die vertrekke gevul met herhinneringe
Oupa ek gaan jou mis
Maar my dankbaarheid vir jou en die rolmodel wat jy was sal my altyd bybly
Rus in vrede oupa

A word to Eden

This morning I woke up with the cool breeze from the ocean, a welcome intruder at my window
The same window through which I stare at my day lying ahead
Blessed be me for this morning the sun was extra golden,
shining over the silver water
As I turn on the flyway,
the moon,
full and transparent grey,
Setting as if defeated by the sun

The day winning the night.

Acres of farmland, asleep under a thin blanket of mist
So beautiful this sight I am breathing

Sun behind me
Moon in front of me
In the middle the earth awakening,
shedding its cotton blanket

Blessed am I for this morning is special
Like every morning,

unique in its own right

Love and Peace Brother Eden. Let us be happy with all the small things.

X X X

Monday, 3 September 2012

vanaand mis ek jou soos die wind noordwes waai
ek mis jou soos die maan agter die wolke kwyn
ek verlang jou soos die onbekende gesig die ontmoeting vermy
ek verlang jou soos iemand wat jy jare lank ken
ek mis jou soos die mense op die dansbaan links trap
ek wens ek kon jou ken
ek mis om jou te leer ken

ek wens jy was hier in my arms gevou
in my gedagtes gebou

ek wens, ek hoop


so dis al wat ek kan doen
 
 

onskuld



Ek mis daai onskuldige liefhê dae
 
Daai dae waar ek skuldloos na jou kon kyk en weet
Ons kon lag en saam uitgaan
Hande vashou en droom oor die toekoms
Planne maak vir weggaan
Die wêreld was ons oester
Ons troos
Maar tyd leer mens anders
Die onskuld raak verlore
Die hart raak slim, te slim
Ek is net so dankbaar vir daai ruimte in my
Ek weet ek is okay
Onskuldige liefde lê weer voor...met tyd sal als regkom