Sunday 1 April 2012

die melkweg gebed

die hemelnag lê oopgevlek
eerlik soos jou verlede

dis groot en swart
ek voel verswelg

maar hoekom so
waarom sien ek swart

soos met donker
het jy altyd die lig

nou sien ek dit
miljoene van dit

sterre op sterre op sterre
voetspore van hulle deur die melkweg

glinster, skitter, stralend
God se skepping

soos die sterre
glinster jy

nes die melkweg
skitter jy

soos ek jou begeer
straal jy

skitter sterrenag
mag ek op hom wag

ek wil hom hê in al sy prag
en soen, soen so sag

die sterre dans
nou is ons kans


                                             dirk van der bank



'n gedig gebore uit God se asemrowende skepping, die hemelruim

No comments:

Post a Comment