Wednesday, 3 October 2012

My oupa se skaam glimlag
Sy nederige dankbaarheid
Daar was hy,
Vir elkeen wat gebede nodig gehad het
Wat raad nodig gehad het
Wat n tamatie plantjie wou spruit
...En daai tamaties was die beste ooit, rooi en vol vlees
So ook my oupa se passie oor baie dinge in die lewe
Hy was ons kwaai oupa
Ons skootsit oupa
Ons wyse oupa
Maar wat my altyd sal bybly is daai sondae oggende wat ek onder toesig die kerklok kon lui,
Die reuk van die sweismasjien en oupa wat altyd besig is met iets voor sy ouhuis,
Sy gatsby cap en die Solly Ozrovech boeke, ń nuwe een vir elke jaar
Die mure in die huis hang vol stories
Die vertrekke gevul met herhinneringe
Oupa ek gaan jou mis
Maar my dankbaarheid vir jou en die rolmodel wat jy was sal my altyd bybly
Rus in vrede oupa

A word to Eden

This morning I woke up with the cool breeze from the ocean, a welcome intruder at my window
The same window through which I stare at my day lying ahead
Blessed be me for this morning the sun was extra golden,
shining over the silver water
As I turn on the flyway,
the moon,
full and transparent grey,
Setting as if defeated by the sun

The day winning the night.

Acres of farmland, asleep under a thin blanket of mist
So beautiful this sight I am breathing

Sun behind me
Moon in front of me
In the middle the earth awakening,
shedding its cotton blanket

Blessed am I for this morning is special
Like every morning,

unique in its own right

Love and Peace Brother Eden. Let us be happy with all the small things.

X X X

Monday, 3 September 2012

vanaand mis ek jou soos die wind noordwes waai
ek mis jou soos die maan agter die wolke kwyn
ek verlang jou soos die onbekende gesig die ontmoeting vermy
ek verlang jou soos iemand wat jy jare lank ken
ek mis jou soos die mense op die dansbaan links trap
ek wens ek kon jou ken
ek mis om jou te leer ken

ek wens jy was hier in my arms gevou
in my gedagtes gebou

ek wens, ek hoop


so dis al wat ek kan doen
 
 

onskuld



Ek mis daai onskuldige liefhê dae
 
Daai dae waar ek skuldloos na jou kon kyk en weet
Ons kon lag en saam uitgaan
Hande vashou en droom oor die toekoms
Planne maak vir weggaan
Die wêreld was ons oester
Ons troos
Maar tyd leer mens anders
Die onskuld raak verlore
Die hart raak slim, te slim
Ek is net so dankbaar vir daai ruimte in my
Ek weet ek is okay
Onskuldige liefde lê weer voor...met tyd sal als regkom


Wednesday, 29 August 2012

Rooiwyn gedagtes

Ek drink vanaand rooiwyn verlange
Net om berusting te kry oor waar ek nou is
Ek kan gelukkig nie getuig oor my pad na vore nie
Al wat ek vanaand weet
En wil weet
Onthul my glas se rooi
My wyn se smake en nuanses
Ek wil net wees met bedoeling
Met my sjokolade poeding se soet en my skoot Italiaanse bitter
Wil ek vanaand net bittersoet my gedagtes se reis voortsit
Binnekort ń regte reis
Binnekant ń regte gevoel
 

Sunday, 17 June 2012

liefde bly


kan ek my kop op jou

skoot neer



sal jy my trane

wegvee

met jou duim



moenie weggaan nie

jou veiligheid is my troos



sal jy my rug vryf

vryf vir my die seer uit



moet my nie begaan nie

my hart is al te seer



liefde bly

bly die keer

seblief

Winterreën

Die sonopkoms vlek my gordyne die sagste oranje
Dis koud vanoggend.
Jy lê in die kamer langsaan
Die muur skei ons.
Die een wat ek voor jou opgebou het.
Het ek maar eerder geweet hoe om te breek, as te bou
Die son se geel laat dit warm lyk buite
Hoe lekker is dit nie om vir jou ontbyt weer te maak nie
Melkskuim met kaneel
Dis koud vanoggend
Die reën begin val en ek is dankbaar
Net oor jy hier is.