Monday, 3 September 2012

vanaand mis ek jou soos die wind noordwes waai
ek mis jou soos die maan agter die wolke kwyn
ek verlang jou soos die onbekende gesig die ontmoeting vermy
ek verlang jou soos iemand wat jy jare lank ken
ek mis jou soos die mense op die dansbaan links trap
ek wens ek kon jou ken
ek mis om jou te leer ken

ek wens jy was hier in my arms gevou
in my gedagtes gebou

ek wens, ek hoop


so dis al wat ek kan doen
 
 

onskuld



Ek mis daai onskuldige liefhê dae
 
Daai dae waar ek skuldloos na jou kon kyk en weet
Ons kon lag en saam uitgaan
Hande vashou en droom oor die toekoms
Planne maak vir weggaan
Die wêreld was ons oester
Ons troos
Maar tyd leer mens anders
Die onskuld raak verlore
Die hart raak slim, te slim
Ek is net so dankbaar vir daai ruimte in my
Ek weet ek is okay
Onskuldige liefde lê weer voor...met tyd sal als regkom


Wednesday, 29 August 2012

Rooiwyn gedagtes

Ek drink vanaand rooiwyn verlange
Net om berusting te kry oor waar ek nou is
Ek kan gelukkig nie getuig oor my pad na vore nie
Al wat ek vanaand weet
En wil weet
Onthul my glas se rooi
My wyn se smake en nuanses
Ek wil net wees met bedoeling
Met my sjokolade poeding se soet en my skoot Italiaanse bitter
Wil ek vanaand net bittersoet my gedagtes se reis voortsit
Binnekort ń regte reis
Binnekant ń regte gevoel
 

Sunday, 17 June 2012

liefde bly


kan ek my kop op jou

skoot neer



sal jy my trane

wegvee

met jou duim



moenie weggaan nie

jou veiligheid is my troos



sal jy my rug vryf

vryf vir my die seer uit



moet my nie begaan nie

my hart is al te seer



liefde bly

bly die keer

seblief

Winterreën

Die sonopkoms vlek my gordyne die sagste oranje
Dis koud vanoggend.
Jy lê in die kamer langsaan
Die muur skei ons.
Die een wat ek voor jou opgebou het.
Het ek maar eerder geweet hoe om te breek, as te bou
Die son se geel laat dit warm lyk buite
Hoe lekker is dit nie om vir jou ontbyt weer te maak nie
Melkskuim met kaneel
Dis koud vanoggend
Die reën begin val en ek is dankbaar
Net oor jy hier is.

Sunday, 6 May 2012

blommetyd vir `n beminde

ek bring vir jou `n roos
streel my sagkuns met jou vingers

ek lê lelies voor jou neer
jou wil ek hê

ek gee vir jou `n kappertjie
vir daai mooiste mooi glimlag

`n sonneblom groei ek vir jou
saam volg ons die son

daisies pluk ek vir jou
vir ondeund wees, so oulik

`n arm vol swaardlelies
want jou hart wil ek beskerm

gesiggies maak ek nat op die vensterbank
jou oë wil ek altyd laat glinster

en `n afrikanertjie sit ek in water
vir jou het ek ewig lief...


                                          dirk van der bank


swaartekrag

so ry ek met `n swaar gemoed vandag
leeg en eensaam my hart wat agterwee gelaat is
gelaat in die Kaap se wonder en glimlag
in soet herhinneringe
ek veg terug daai gevoel met dankbaarheid
vooruitsig
en
hoop
tot ek weer daai brander sien breek op blouberg se strand
en sien hoe die Kaapse see speel met die hemel blou
tot dan gaan ek my gedagtes hou by jou
by die soet en die helder van jou oë
jou snaakswees wat my laat bloos
die spesery van jou parfuum wat een raak met jou sagte vel
tot dan
gaan ek tafelberg se swaartekrag soek

                                                                                                    dirk van der bank