Sunday 6 May 2012

blommetyd vir `n beminde

ek bring vir jou `n roos
streel my sagkuns met jou vingers

ek lê lelies voor jou neer
jou wil ek hê

ek gee vir jou `n kappertjie
vir daai mooiste mooi glimlag

`n sonneblom groei ek vir jou
saam volg ons die son

daisies pluk ek vir jou
vir ondeund wees, so oulik

`n arm vol swaardlelies
want jou hart wil ek beskerm

gesiggies maak ek nat op die vensterbank
jou oë wil ek altyd laat glinster

en `n afrikanertjie sit ek in water
vir jou het ek ewig lief...


                                          dirk van der bank


No comments:

Post a Comment