Wednesday 2 May 2012

Seepunt serenade

Perske geel my glimlag
Sag die namiddag se koue wind wat nou en dan inloer by die skuifdeur
Tafelberg staan gedek met katoen wolke op sy blad
Heen en terug breek die branders moeiteloos teen die rotse
Soet en heilsaam vloei die boerekos se reuk by die venster uit
Mooi my gedagtes wat maal deur my kop
Rustigheid
Vooruitsig
Vrees
Lieflik getuig die Kaap van `n dag ongerep....

                                                                                                                            dirk van der bank




No comments:

Post a Comment