Friday, 27 January 2012

Harts-tog


noot vir noot
woord vir woord
dis `n reis deur jou hart se kamers, jou siel se witwater

dis swaar 

en die tog is vol hindernisse
my hart is net mens 
en my siel society

my paspoort het verval maar dalk lê daar `n ander koers

die reistog is seer 
en dit maak my vry 

of dink ek so?

I hope you are not lonely without me...
I hope you disagree...

my vlug is hier
my blou wag, 
die aankondiging van realiteit skeur my weg

wat lê in jou oë?

Europa, Afrika, Amerika...
OF
die hele Wêreld net vir my...?

~dirk van der bank

Op die stasie betower





So jou geboortedag gevier liewe Del

Kennismaking met die trein se fluit en staalwiele

So spesiaal en onverwags het hy verby geseil

Wyn in houtvate met sitrus en karamel
Soet die samesyn en troos



Eerlik aan tafel haar siel gedek
Die kos se smaak getuig van die vreugde wat sit om haar mond se glimlag

Wees bly en geseend met wat die lewe voorsit,
Smul aan elke oomblik
en soet haar toekoms soos die mooiste poeding



Verleidelik is haar gedagtes van die mooiste more
Die maan wat helder skyn oor visvangwaters

Soos pennies op die spoor
So bring Transkaroo haar huistoe

~dirk van der bank



Wednesday, 18 January 2012

Die lig in my lewe

die donderweer slaan hard daar buite
binne is jy my troos

die blitse gooi lig in die hemelruim
staties is on liefde

die donker klop aan my deur
in my hart is jy die lig

wind saai verwoesting
stil staan jy langs my 

sterk

die stilte maak my mal
maar sag jou siel se klank

die duiwel is lustig
sterk ons geloof in God

my beminde jy moet weet,
weet ek het jou lief

                                                                                  ~ dirk van der bank

Pizzas and green figs

In the quaint seaside village of Wilderness there is an Italian restaurant that invites you from under the big tree...
As we arrived, we were greeted by passing plates of traditional pasta and customers humbly eating wood fired pizzas.
I ordered a very nice red wine with coffee and chocolate flavours to compliment the Italian flair and feel of the whole dining experience!
The menu was true Italian style with awesome flavour combinations.
We ordered the Green fig, Brie and Pancetta pizza......It was heaven on a thin crisp base!
Every bite a blessing!
"cibo dell'amore"



Tuesday, 17 January 2012

Hoop



Soos die maan en sterre plek verruil met die son
...en die koue die somersdag verdryf, 
so begin n jong man sy droomtog
van n soete verleiding...
van n mooi begin...
gedagtes en glimlagte van elke dag gebêre in die maan se glinster,
vir herhinnering wanneer die son se strale die oseaan verkleur en loer oor die horison...
verloor jou balans en bêre jou wense in die aandster se knipoog,
vertel dit aan my met die branders se breek...
hou my teen jou oor soos n skulp,
daar weerklink my afwagting...
geduldig soos n visserman...rustig wag ek op hoop, 
die aandster dra jou wense en ek bly kyk,
ek kyk tot daai ster skiet en die wense vrylaat...
tot dan is die see kalm, 
die strand spierwit en warm
en die see belowe my hoop
     
                                                                                       ~dirk van der bank

Tussen treine...

So ironies was die koebaai ete...
Dit was weer sulke tyd vir my pa om terug te vlieg vir sy werk gelee bokant Afrika se renosterhoring.
Die ete was by n ongerepte juweel langs die treinspoor in Grootbrak. Die ou stasie gebou kompleet met n stoep waar jy die geluid van ysterwiele kan smaak.
`n Plek waar soveel afskeidstrane en verheugde verwelkomings moes plaasgevind het in sy leeftyd.
Die wynlys is `n sorgvuldig gemaakte olienhouttafel met kurwes en karakter soos elke bottel wyn wat op hom staan. So verfrissend om die wyn op te tel en te lees van die smake, die kleur te bekyk en opgewonde aan tafel te gaan sit om jou trotse keuse te bestel!
Tussendeur die geselskap, afwagting vir die heerlike disse en verwondering, staan kersfees se boom teen die sinkplaatmuur, so onopgesmuk en asof daar geplant. `n Herhinnering van die seisoen se blink en natuurskoon. Dankbaarheid syfer deur my met elke sorgsame sluk van die botterryk Chardonnay.
Die hoofgereg was papsagte Fillet steak met n spek en bloukaassous. Die sous is delikaat gegeur met bloukaas en spek wat n glimlag laat. Hulle soetpatat is goudkleurig en smaak asof die gode in die hemel daai smake bymekaar gesit het! Perfekte balans!
Een van die goed waarna ek soos n kind uitsien by die restaurant is hulle cappaccino!! `n Barista kunswerk!
Ek het my italiaanse koffietroos saam met `n pekanneut tertjie geniet wat bedien was met `n mokkaroom.

...en dan natuurlik die absolute wonder en uitdaging om die cappaccino te drink sodat die barista kuns ongesteurd onder in die koppie gaan rus...


"transkaroo ~
...bring haar huis toe, laat jou ysterwiele rol, bring haar en maak my lewe vol …” 

Tuesday, 10 January 2012

`n Blou gedig

op n sondagmore lees ek my digte aan jou
die liedjie blou speel op die radio

blou my hart en
blou my gedagtes

so erg die seer wat in my opwel
net trane kan troos

ek bid en bid vir kalmte
maar binne die branders sterk

my vrae le uitgestrek
soos n verlate Kalahari pad
eindeloos

gaan ek verstaan
net tyd gaan my leer

                                                                                       dirk van der bank