Tuesday 17 January 2012

Hoop



Soos die maan en sterre plek verruil met die son
...en die koue die somersdag verdryf, 
so begin n jong man sy droomtog
van n soete verleiding...
van n mooi begin...
gedagtes en glimlagte van elke dag gebêre in die maan se glinster,
vir herhinnering wanneer die son se strale die oseaan verkleur en loer oor die horison...
verloor jou balans en bêre jou wense in die aandster se knipoog,
vertel dit aan my met die branders se breek...
hou my teen jou oor soos n skulp,
daar weerklink my afwagting...
geduldig soos n visserman...rustig wag ek op hoop, 
die aandster dra jou wense en ek bly kyk,
ek kyk tot daai ster skiet en die wense vrylaat...
tot dan is die see kalm, 
die strand spierwit en warm
en die see belowe my hoop
     
                                                                                       ~dirk van der bank

No comments:

Post a Comment