Tuesday 10 January 2012

`n Blou gedig

op n sondagmore lees ek my digte aan jou
die liedjie blou speel op die radio

blou my hart en
blou my gedagtes

so erg die seer wat in my opwel
net trane kan troos

ek bid en bid vir kalmte
maar binne die branders sterk

my vrae le uitgestrek
soos n verlate Kalahari pad
eindeloos

gaan ek verstaan
net tyd gaan my leer

                                                                                       dirk van der bank

No comments:

Post a Comment