Tuesday, 17 January 2012

Tussen treine...

So ironies was die koebaai ete...
Dit was weer sulke tyd vir my pa om terug te vlieg vir sy werk gelee bokant Afrika se renosterhoring.
Die ete was by n ongerepte juweel langs die treinspoor in Grootbrak. Die ou stasie gebou kompleet met n stoep waar jy die geluid van ysterwiele kan smaak.
`n Plek waar soveel afskeidstrane en verheugde verwelkomings moes plaasgevind het in sy leeftyd.
Die wynlys is `n sorgvuldig gemaakte olienhouttafel met kurwes en karakter soos elke bottel wyn wat op hom staan. So verfrissend om die wyn op te tel en te lees van die smake, die kleur te bekyk en opgewonde aan tafel te gaan sit om jou trotse keuse te bestel!
Tussendeur die geselskap, afwagting vir die heerlike disse en verwondering, staan kersfees se boom teen die sinkplaatmuur, so onopgesmuk en asof daar geplant. `n Herhinnering van die seisoen se blink en natuurskoon. Dankbaarheid syfer deur my met elke sorgsame sluk van die botterryk Chardonnay.
Die hoofgereg was papsagte Fillet steak met n spek en bloukaassous. Die sous is delikaat gegeur met bloukaas en spek wat n glimlag laat. Hulle soetpatat is goudkleurig en smaak asof die gode in die hemel daai smake bymekaar gesit het! Perfekte balans!
Een van die goed waarna ek soos n kind uitsien by die restaurant is hulle cappaccino!! `n Barista kunswerk!
Ek het my italiaanse koffietroos saam met `n pekanneut tertjie geniet wat bedien was met `n mokkaroom.

...en dan natuurlik die absolute wonder en uitdaging om die cappaccino te drink sodat die barista kuns ongesteurd onder in die koppie gaan rus...


"transkaroo ~
...bring haar huis toe, laat jou ysterwiele rol, bring haar en maak my lewe vol …” 

No comments:

Post a Comment