Friday 27 January 2012

Op die stasie betower





So jou geboortedag gevier liewe Del

Kennismaking met die trein se fluit en staalwiele

So spesiaal en onverwags het hy verby geseil

Wyn in houtvate met sitrus en karamel
Soet die samesyn en troos



Eerlik aan tafel haar siel gedek
Die kos se smaak getuig van die vreugde wat sit om haar mond se glimlag

Wees bly en geseend met wat die lewe voorsit,
Smul aan elke oomblik
en soet haar toekoms soos die mooiste poeding



Verleidelik is haar gedagtes van die mooiste more
Die maan wat helder skyn oor visvangwaters

Soos pennies op die spoor
So bring Transkaroo haar huistoe

~dirk van der bank



No comments:

Post a Comment