Sunday, 6 May 2012

blommetyd vir `n beminde

ek bring vir jou `n roos
streel my sagkuns met jou vingers

ek lê lelies voor jou neer
jou wil ek hê

ek gee vir jou `n kappertjie
vir daai mooiste mooi glimlag

`n sonneblom groei ek vir jou
saam volg ons die son

daisies pluk ek vir jou
vir ondeund wees, so oulik

`n arm vol swaardlelies
want jou hart wil ek beskerm

gesiggies maak ek nat op die vensterbank
jou oë wil ek altyd laat glinster

en `n afrikanertjie sit ek in water
vir jou het ek ewig lief...


                                          dirk van der bank


swaartekrag

so ry ek met `n swaar gemoed vandag
leeg en eensaam my hart wat agterwee gelaat is
gelaat in die Kaap se wonder en glimlag
in soet herhinneringe
ek veg terug daai gevoel met dankbaarheid
vooruitsig
en
hoop
tot ek weer daai brander sien breek op blouberg se strand
en sien hoe die Kaapse see speel met die hemel blou
tot dan gaan ek my gedagtes hou by jou
by die soet en die helder van jou oë
jou snaakswees wat my laat bloos
die spesery van jou parfuum wat een raak met jou sagte vel
tot dan
gaan ek tafelberg se swaartekrag soek

                                                                                                    dirk van der bank




soet olywe en handevashou


Riebeek kasteel is `n spesiale plek. `n Plek wat nogal onverhoeds so onder jou vel kruip en dit slaan jou eers die dag daarna.
Tussen die trekkerwaens met mense wat heildronke instel, voete in en uit by winkels en die asemrowende wintermiddag sonnetjie, het ons op die hotel se stoep gaan troos soek vir honger mae en `n glasie wit.
Die twee groot houtborde is neergesit voor ons met `n landskap van olywe, smere, konserf en salami.
Dit was waarlik `n feesmaal piekniek uitgepak op n deftige tafeldoek met sulke geseende geselskap.
Hoofmaal was engelhaar pasta wat in die lekkerste tamatie, olyf, ansjovis en kappertjie sous bedien was.
Na `n wandeling deur die strate en die vonds van `n pragtige koffie plekkie het ons vroeg gaan aandete eet om die koue te ontwyk.
By die BarBarBlackSheep restaurant was daar dromme met vuur en hitte wat met jou wang dans en `n pragtige mengelmoes van allerhande dinge wat die aandag trek en mens laat glimlag.
Ek het hulle wen-hoenderpastei gehad wat kos vir die koue is ... warm en smullekker!
En die hele dag was gekroon met vriendskap en `n spesiale persoon se hand wat ek kon vashou en glimlag daaroor met die tevredenheid wat die dorpie oor jou bring...

Wednesday, 2 May 2012

Seepunt serenade

Perske geel my glimlag
Sag die namiddag se koue wind wat nou en dan inloer by die skuifdeur
Tafelberg staan gedek met katoen wolke op sy blad
Heen en terug breek die branders moeiteloos teen die rotse
Soet en heilsaam vloei die boerekos se reuk by die venster uit
Mooi my gedagtes wat maal deur my kop
Rustigheid
Vooruitsig
Vrees
Lieflik getuig die Kaap van `n dag ongerep....

                                                                                                                            dirk van der bank




Monday, 9 April 2012

Karoo lafenis



Tussen al die stof en reen vind ons elkeen ons lafenis

Iets wat vir jou baie beteken, jou siel kan laat afkoel,
jou hart rustig maak...

My behoefte aan my lafenis het my gelei na n plek so na aan my hart,
n plek wat deel was van my opvoeding en passie...

Onder die sinkdak met almal in hulle eie gedagtes
en gesprekke om my
vind my lippe die wyn
koud
die slaai met sy helder oranje
en bros pancetta
gras groen blare
vriendskap

My lafenis

Sunday, 1 April 2012

die melkweg gebed

die hemelnag lê oopgevlek
eerlik soos jou verlede

dis groot en swart
ek voel verswelg

maar hoekom so
waarom sien ek swart

soos met donker
het jy altyd die lig

nou sien ek dit
miljoene van dit

sterre op sterre op sterre
voetspore van hulle deur die melkweg

glinster, skitter, stralend
God se skepping

soos die sterre
glinster jy

nes die melkweg
skitter jy

soos ek jou begeer
straal jy

skitter sterrenag
mag ek op hom wag

ek wil hom hê in al sy prag
en soen, soen so sag

die sterre dans
nou is ons kans


                                             dirk van der bank



'n gedig gebore uit God se asemrowende skepping, die hemelruim

Meade street munch


On a rainy day
Entering through a bustling printing office,
following the arrow
...
Meade Cafe
...
From the outside I could smell pancake batter hitting a warm pan 
On the inside the oh so familiar smell of that true South African favourite
Bobotie
Sweet and spicy curry smells contradicting with coffee brewing and milk frothing

The decor has a modern feel with an earthy undertone
complimented with grey washed furniture
and a hint of red

I had the Polenta with a Ratatouille enhanced with the tastiest olives I had in a long time and some anchovies
And not refusing the temptation for the cake stand...
Just had to try the carrot and beetroot cake with a taste of almonds...
I also indulged in the perfect partner for such a grey and rainy day
A rooibos cappuccino with a drizzle of honey

As the rain was pouring outside in the courtyard
My senses were delighted and warmed by such an experience