Saturday 7 January 2012

Sielskuier

In jou lewe is daar mense wat jou diep raak en wie jy altyd in jou hart koester. In so vriendskap is dit nie oor hoe gereeld mens mekaar sien nie, maar liewer hoeveel die tyd beteken wat mens saam spandeer.
So was my tafel gedek op die 6de Januarie 2012. Met 2 goue mense en my ouers wat soveel aandeel het in ons vriendskap.
Saamwees het vir my opnuut nuwe betekenis gehad aan die eettafel. Ek het vir ons Lize Beekman se nuwe album 'Ek het jou lief" gespeel...die vuur het gebrand en die wind was kalm, kalm vir die mooi wat ontvou het.

Die stukkie kuier tussen nagereg en daai laaste glas wyn...sekerlik die eerlikste gedeelte van die aand.
Ons het gepraat oor musiek, familie, liefde, vriendskap, verlies en hartseer...maar tog ook oor die vreugde van die lewe! So was ons tafel gedek...



No comments:

Post a Comment